KOEKE
LOER

'n Oog vir koek,
'n Tant vir oordeel.

Placeholder Image

1 - Registreer

Gereed om deel te neem aan die lekkerste kompetisie van die jaar? Registreer aanlyn en jy sal per e-pos ’n unieke koeknommer ontvang. Hierdie nommer is die identifikasie van jou koek en sal gebruik word vir anonieme beoordeling. Geen name, net nommers. Hou jou nommer veilig en maak seker dit is duidelik op jou koek aangebring op die dag!

Image
Image

2 - Bak jou koek

Dis nou tyd om die mengbak uit te haal en jou kreatiwiteit te wys! Bak jou gunsteling koek. Of dit nou ‘n ou familie-resep is of iets nuuts wat jy wil probeer. Onthou, jy gaan punte kry vir smaak én voorkoms, so sit jou hart daarin!

3 - Koekdag

Bring jou koek saam na die saal op Koekdag. Wanneer jy aankom, sal ons jou koek merk met jou unieke nommer wat jy tydens registrasie ontvang het. Sit jou koek dan mooi uit op die tafels en geniet ’n dag vol kreatiwiteit, koek en geselligheid saam met mede-bakkers en koekliefhebbers.

Image
Image

4 - Beoordeling

Elke persoon wat op Koekdag opdaag, sal toegang hê tot twee stemvorms. Eerstens vul jy die vorm in vir die mooiste koek deur jou gunsteling koek se nommer te kies — die beoordeling is dus heeltemal anoniem. Sodra die visuele beoordeling klaar is, word die koeke opgesny sodat almal kan proe. Daarna vul jy die tweede vorm in vir die lekkerste koek.

Pryse

Daar gaan drie wenners wees:
🎂 Die Mooiste Koek
🍰 Die Lekkerste Koek
🎉 En een gelukkige beoordelaar wat ’n vorm ingevul het, wen ’n verrassingsprys!

Image